Pichi Keane

Soetsappig by ReedValley – 6 Julie 2024 – Mosselbaai

Kort op die hakke van Pichi Keane (sy/hulle) se bekroonde debuut drag kabaret ‘Ripe ‘n Ready’, is ‘Soetsappig’ – ‘n eerlike blik op lewe as a genderqueer kunstenaar vasgevang in vroulike vorm . Die fopdosser het in 2023 opslae gemaak by die Nasionale Kunstefees in Makhanda waar sy ‘n Standard Bank Silver Ovation Award opgeraap het – tesame met vele feesgangers se harte. Later in dieselfde jaar is daar met hul drag kabaret ‘Ripe ‘n Ready’ ook ‘n toer van die Tuinroete voltooi, en alle venues was uitverkoop. Nou is sy opgewonde om haar eerste Afrikaanse kabaret aan te pak. 

Pichi skerts en sing oor liefde, gender, en queer wees in ‘n tyd waar almal wonder wat in jou broek sit. ‘Soetsappig’ is eg kabaret, met staaltjies oor Pichi se ervaring as vroulike fopdosser en liedjies van verskeie musiekgenres wat saamgesnoer word soos Pichi probeer om die patriargie uit te pluis en femininiteit te ontlont met, onder andere, ‘n oorspronklike toonsetting van DJ Opperman se ‘Sproeireën’ en Appel se ‘Wys My Jou Lemoene’. 

Selfs tussen al die gewaagde grappies deur, is daar altyd ‘n aspek van uitreik na die menslikheid in elke gehoorlid.  Geen onder 18s word toegelaat as gevolg van die inhoud van die vertoning, oa kru taalgebruik en seksuele temas.

Soetsappig’ is wél vir jou as jy queer, kinky, of nuuskierig is, maar jy sal dit ook geniet as jy ‘n stoute sin vir humor besit.

Suid-Afrikaanse gehore kan selfs dalk ‘n kaalgatperske gewaar in ‘Soetsappig’ op die planke by ReedValley om Saterdag, 6 Julie 2024 teen 8:00nm. Kaartjies beloop teen R150pp.

BESPREEK NOU

Mossel Bay